Voordele van ons kaartstelsel
1. Voorafbestelling - waarborg korter toue
2. Veilige kontantvrye omgewing
3. Gerieflikheid
4. Rekord van aankope
5. Leerders kan self hul bestellings aanlyn plaas.
6. Leerders kan ook direk by snoepwinkel aankoop deur hulle snoepiekaart te skandeer.
7. Spesiale dieëte kan ook geakkomodeer word.
Prosedures
1. Skep 'n rekening aanlyn - met persoonlike gebruikersnaam en wagwoord.
As die rekening geskep is , kan leerder die snoepiekaart by die snoepwinkel kom afhaal.
2. Deponeer geld via EFT/ Kredietkaart.
3. Items te koop is beskikbaar by 'Plaas bestelling' knoppie.
4. Afsnytyd vir dag se bestellings , is 07h15.
5. Bestellings kan ook by die snoepwinkel se rekenaar gedoen word.
6. Slegs rekeninghouers kan aanlyn bestellings plaas.
7. Afhaal van bestellings - Toon asb die e-pos met bevestiging van bestelling. (Word na geregistreerde e-pos adres gestuur)
Die aanlynsisteem is geïmplementeer om dit makliker vir ouers te maak. Ons verwelkom enige terugvoer en moet asb nie huiwer om ons te kontak indien u enige navrae het nie.
Ons doen ook spyseniering vir privaatfunksies. Kontak ons vir verjaarsdae en ander spesiale geleenthede.